Didi PotgieterDidi Potgieter woon haar lewe lank op Potchefstroom in Noordwes. Vandat sy kan onthou skryf sy liefdesverhale in haar kop, maar ʼn finalejaarsopdrag het haar gedwing om dit op papier te waag. So het haar eerste Romanza, Leer my liefhê, die lig gesien.Met ʼn man, twee kinders en die verantwoordelikheid van brood op die tafel sit, was tyd vir skryf maar min. Tog het die stories en die karakters bly opduik en aan die begin van 2017 het sy besluit om voltyds te begin skryf. Didi wen in 2018 die ROSA (Romance Writers of South Africa) Imbali-toekenning met Liefde vir ’n ridder, en was al twee keer ’n finalis vir die ATKV-Woordveertjiesprys. Read More Read Less
An OTP has been sent to your Registered Email Id:
Resend Verification Code